Daardie ma het al lankal
haar hart in die vrieskas gesit.
So staan ek by die venster en dink,
die seun wat so op die strate leef,
stukkend,vuil en verhonger.
Hy is heeltemal toegesluit,
sy emosies, en optrede
sê niks meer nie; alles is toegesluit.
Waar is sulke kinders se ouers,
hoe slaap hulle?
Hoe gee ‘n mens moed op?
Miskien is ek te gevoelig
vir ander mense, hulle
lewe soos hulle wil,
mense moet seker maar verskil …