
Ons visie: Eendrag maak Mag
Stories
Ons bied die volgende gratis aanlyn by https://storietydskrif.home.blog
Lees gratis aanlyn deur die helfte van hierdie boeke. Die datum langs die titel wys die laaste hoofstuk bygevoeging. Daar is ook skakels na Kindle Unlimited waar die hele boek gratis gelees kan word of die eBoek of Paperback aangeskaf kan word, of gegewens oor die skrywer of die opsomming van die verhaal.
Hierdie tydskrif stel ons aanlyn-inhoud bekend en sal ook opgedateer word word wanneer nuwe boeke bygevoeg word.
Ons bied die beste alternatief vir skrywers
Die Gratis Storietydskrif is begin deur Anton Pansegrouw Desember 2018 en afgetrede professor Gert van Jaarsveld het kort daarna as vennoot by hom aangesluit. Gert doen die redigering en Anton doen die blog en publiseerwerk. Huidig puibliseer Anton slegs by Amazon Kindle en in sy blog maar hy mag in die toekoms nog opsies oorweeg.
Ons is nie ’n Vanity of Tradisionele uitgewer nie en bied aan skrywers ‘n unieke model. U behou kopiereg van u werk en kan daarmee doen net wat u wil. Ons wil net die reg hê om dit ook te publiseer en om die winste van wat ons publiseer, gelykmatig met u te deel. Ons is baie buigsaam wat genre betref want ons streef na verskeidenheid. Tot dusver het ons rillers, romanses, historiese fiksie, digbundels, ‘n jeugverhaal en geestelike werk gepubliseer.
Die kwaliteit van u voorlegging moet darem goed genoeg wees om lesers van u genre aan te trek en professer Gert van Jaarsveld nie te veel werk te besorg nie. Berei dus u manuskrip keurig voor.
Ons model werk baie eenvoudig.
Die helfte van u professioneel-geredigeerde boek verskyn in ons blog met skakels na u e-boek en Sagteband by Amazon Kindle waar dit ook in geheel gratis gelees kan word. U as skrywer het ook die geleentheid om u self en u werke permanent saam met u boeke te adverteer by u “Oor die skrywers” bladsy.
Skrywer se aandeel = 50% van boek betalings (bladsye gelees by Amazon Kindle & boek verkope)
(Geaffilieede inkomse is ook ‘n moontlikheid in die toekoms volgens blog bladsye gekyk)
Stories fonds = 50% of totale boek verkope & bladsye gelees
Stories fonds word aangewend vir: Onkostes + Promosies + Dienste
Dienste:
Eerste prioriteit is om alle onkostes te dek en daarna betaalde promosies. Slegs as ons genoeg oor het hierna sal ons dienste vergoed word. Op hierdie stadium voorsien ons gratis dienste. Ons koste is slegs bank dienste. Ons gebruik ons persoonlike data nog tot dusver.
Redigeerder en Vertaler (Gert van Jaarsveld) = 50% van diensfooi
Publiseerder (Anton Pansegrouw) = 50% van diensfooi
Ons skop in Junie 2022 af met nuwe drif met die hoop om inkomste te genereer vir ons skrywers. Ons vernuwe ons blog om meer besoekers te trek en ons skrywers se werk so bloot te stel. Tot dusver het ons baie min reklameopsies beproef, maar ons beplan om die inkomste wat ons tot dusver gegenereer het, nou versigtig en stelselmatig deur reklame aan te wend sodat ons totale inkomste sal groei en ons model ook finansieel aantreklik vir ons skrywers sal word en terselfdertyd die moeite werd vir ons. Ons visie is eendrag maak mag en ons sien ons skrywers as deel van ons familie. Alle kennis wat ons inwin in hierdie proses sal ons deurgee na ons skrywers sodat ons saam sterker sal word. Ons skrywers sal, sodra ons die wa aan die gang kry, ‘n maandelikse verslag ontvang sodat almal in ons span wat sou belang stel saam die resultate kan analiseer en die weg vorentoe kan uitwerk.
Gryp hierdie geleentheid aan en wees die eerste om deel te word van ons familie en om u stempel by ons af te druk. Ons leer graag en waardeer insette.
Enige manuskripte kan aan Gert van Jaarsveld gestuur word. Alternatief kan u van sy professionele redigeer- en vertalingsdienste gebruik maak. Kontak: hestia007@yahoo.co.za of hestia007@parys.co.za of whatsap 0729953993.