Die Vereistes vir die Manuskrip.doc wat u instuur vir plasing
Ons sal u werk lees en indien dit potensiaal wys dit of net so aanvaar, of u riglyne gee van wat u eers moet uitstryk.
Ons soek graag skrywers wat die tydskrif interessanter sal maak. Verskillende style sal verfrissend en stimulerend vir die leser wees. Daar is egter ’n paar oogmerke wat ons nastreef tot die beste van ons vermoë. Hierdie is gesonde reëls wat sal sorg dat ’n verhaal lesers sal vashou sodat hulle gereeld terugkom.
Verhale moet die volgende beantwoord en met die basiese WSpel grammatika reëls ooreenkom. (Laai asseblief WSpel op u Word, daar is ’n skakel in die blog. Gebruik dit en stuur asseblief ’n skoon manuskrip in Word met slegs logiese afwykings van WSpel se grammatika en spel reëls.)
- Wat is die lewenslesse wat u storie bring?
- Wie is die hoofkarakter en sal die leser belangstel in die belange van die persoon.
- Loop die leser meestal saam met die hoofkarakter vanaf die begin tot die einde.
- Maak die leser net draaie saam met ondersteunende karakters sonder die hoofkarakter wanneer absoluut noodsaaklik?
- Is daar enige onnodige karakters of gebeure?
- Verduidelik of beskryf u wat nie noodwendig is vir die storie nie.
- Beskryf u met woorde waar u eerder met aksie of houding moet verduidelik.
- Oordoen u enige feite wat nie noodsaaklik is vir die storie bloot omdat dit interessant is.
- Spring u onnodig in tyd.
- Vloei u storie natuurlik in mekaar sonder dat die leser verlore raak.
- Volg u die mees effektiefste storielyn wat die leser die beste sal vashou van die begin tot die einde? (Indien tyd spronge nodig is vir ’n beter storielyn dan is die spronge geregverdig solank die storie logies vloei.)
- Is daar periodes wat daar nie genoeg gebeur wat die leser prikkel nie en wat moet gedoen word indien wel.
- Wat is die beste einde vir u storie (beslis of oop) en is dit verrassend en realisties genoeg?
- Trap u onnodig op enige politieke, seksistiese of godsdienstige tone.
- Gebruik u onnodig kru woordeskat en is daar nie beter alternatiewe kragwoorde nie?
Ek hoop ons mag saamwerk en u storie(s) publiseer. Onthou dat ons u op hierdie stadium slegs blootstelling bied so gee ons ’n kort “Oor die Skrywer” opsomming van dieselfde lengte en soortgelyk as die een van “Anton Pan” met al u sosiale skakels. Dit sal u permanente advertensie op ons voorblad wees.
Hopelik sal ons genoeg gereelde besoekers met verloop van tyd opbou sodat ons toekomstige skrywers eendag beter vergoed sal word.
Dankie vir eers
Die Gratis Storietydskrif span