johjob: 2. Deeltitel

Job 1:7

Ongeveer op dieselfde tydstip as wat Job in Kirstenbosch gesit het, het God van sy engele na hom ontbied. Satan het ook daar opgedaag, ongenooid. God wou van hom weet waar hy vandaan kom, en Satan antwoord:

“Op die vlerke van die wind

het ek om die aarde getrek

om orals net sondes te vind.

Toe, vir my Kaapse draai

het ‘n swart suid-oos

my daar afgelaai.

Ek het my strikke gestel

en my onkruid gesaai.

Ook op Duiwelspiek

maak ek my langs iemand tuis

om aan hom

die wêreld se skatte te wys.

En terwyl die begeerte

in sy oë begin brand,

was ek seker ek registreer weer

‘n eerste verband.

Ek sien toe hoe gaan sy sinne op loop

toe hy sy deeltitel by my koop.

Maar hy versuim om die fyndruk te lees

en te sien sy hemel

sal in my doderyk wees!”